vstap_1536x400
Header Banners_600 x 900px Mobile_7

Wat is jou volgende stap?

Nie een van ons is ‘n eiland nie. Elkeen van ons het ‘n volgende stap in ons lewensreis. Ons is so opgewonde oor jou paadjie by Veranderde Lewens en wil graag help met jou volgende stap. Verhoudings is belangrik vir ons en ons wil jou help om te groei in jou verhouding met God, hoe om Hom te beleef, meer soos Jesus te word en uiteindelik jou God-gegewe lewensdoel te bereik. Of jy nuut aangesluit het by ons familie en of jy al jare deel is van ons familie, elkeen van ons het ‘n volgende stap om te neem.

ek's nuut

By Veranderde Lewens is dit ons hart om almal welkom en tuis te laat voel by ons familie. Indien jy deel wil word van ons familie of enige ander vrae het oor die Gemeente vul asb die onderstaande vorm in.

Hoe word ek ‘n lid van Veranderde Lewens?

Sluit aan by Growthtrack lidmaat program! Dit bestaan uit vier belangrike stappe en vind elke Sondag om 10:00 plaas in ons Growthtrack lokaal lokaal tydens die erediens.
Of jy nou nuut is of al lankal ‘n lid is van die gemeente, moedig ons jou ten sterkste aan om te registreer en die vier stappe te voltooi. Dit is ‘n noodsaaklike komponent van lidmaatskap wat jou help om God, jou doel, gawes en jou plek binne ons gemeente te ontdek.

LIDMAATSKAP

Indien jy die volgende stap wil neem en wil inskakel by ons gemeente as ‘n lid en klaar Growthtrack >> voltooi het vul asb die onderstaande vorm in.

growth track

Die pad na ons kerkfamilie is deur Growth Track.

Hierdie kursus lei jou om die (verlossings)doel vir jou lewe te ontdek en die lewe te leef wat God vir jou geskep het. Growth Track bestaan uit vier stappe wat jou toerus om:

01 | Ontdek God

Ontdek wie God is en wat Hy vir jou beplan. 
Verken die bediening van Veranderde Lewens.

02 | Ondek Jouself

Delf in die besonderhede van jou
persoonlike gedragstyl.

03 | Ontdek jou Gawes

Ontdek jou gawes en kyk hoe hulle jou doel in die
lewe aandui en jou beste pas in die bediening.

04 | Sluit aan by die Span

Raak betrokke by ‘n span Raak betrokke by die onderskeie
bedieninge wat Veranderde Lewens bied om sodoende jou doel uit te
leef en te dien deur die uitleef van jou gawes.

In Growth Track sal jy meer hoor van ons leierskapspan oor die visie en missie van die gemeente. Ons sal jou begelei om jou persoonlike gedragstyl te ontdek asook jou geestelike gawes en hoe jy dit kan gebruik om die doel wat God vir jou het, uit te leef.

Growth Track is ‘n 4-week lange kursus wat deurlopend deur die jaar plaasvind.

droomspan

sluit aan by 'n span

Dit is ons doel om u te help om u gawes en doel te ontdek, en om te sien hoe God se lot in u lewe ontvou. Nadat u Growth Track bygewoon het en u geestelike gawes ontdek het, moedig ons u aan om deel te word van ons Droomspan.

Aanbidding en Produksie

Aanbiddingspan
Klankspan
Erediensbedieningspan
Tradisionele diens aksiespan

Jeug en Kinderbedieninge

Kinderbedieningspan
Jeugbedieningsspan

Versorging

Hospitaal en gebesversoek-span
Sopkombuis
Helpende Hande
Berading
Grief Share
Soultrack

Groeigeleenthede

Growth Track
VSSM
Kursusse

Kleingroepe

Mannebybelstudie
Seniorbybelstudie
FNH- Jeug
Jong volwassenes
Sonbesies
Kleingroepleiers

Gasvryheid

Parkeerspan
Verwelkomingspan
Registrasiespan
“Steam Team”
Verversingspan

Kommunikasie en Kreatiewe spanne

Elektroniese en Sosiale Media
Produksie en Mediaspan
Videoredigeringspan

Dissipelskap

Sending en uitreike
Gebedsbediening
Doopspan

Terein

Eiendominstandhoudingspan
Dekorspan
Nutsmanspan

Administrasie

Idesk
Droomspan

    PERSOONLIKE INLIGTING

    Kies ‘n Bediening

    Het ‘n Growth Track voltooi?

    Hiermee gee ek Veranderde Lewens Gemeente toestemming om my persoonlike inligting te gebruik om my te kontak. Ek gee verder ook toestemming om die inligting te stoor vir toekomstige gebruik in die Gemeente.

    kleingroepe

    Word deel van ons Kleingroepe

    Kleingroepe het twee eenvoudige doeleindes:

    01 | Om gesonde verhoudings te bevorder
    02 | Persoonlike groei

    God het ons geskep om in gemeenskap met ander te leef en is een van die maniere waarop ons die volle lewe wat Hy vir ons beoog, kan ervaar.

    soultrack

    Kom bid gerus saam met iemand wat omgee.

    Hier fasiliteer ons jou persoonlike ontmoeting met die Here. Ons skep net die geleentheid waar die
    Vader, Seun en Heilige Gees ‘n wonderlike persoonlike boodskap vir jou gee.
    Dit vind plaas in ‘n klein kring deur opgeleide en bekwame vrywilligers. Baie welkom!