bediening_1536x400
Header Banners_600 x 900px Mobile_4
Veranderde Lewens Hospitaalspan

Hospitaal en gebedsversoek-span

Ons dien graag deur versorgingsaksies bv. Siekebesoek, berading, asook om mense te bedien deur middel van “Soultrack”-sessies.

 

 

Sopkombuis

Vrydae oggende word haweloses ‘n bord kos, klere en bietjie liefde gegee deur ‘n span wat ‘n hart het vir die mense wat nie altyd raakgesien
word nie. 

Veranderde Lewens Helpende Hande span

Helpende Hande

Hierdie span dien graag deur aankope en  verspreiding van  maandelikse kospakkies vir behoeftiges in die gemeente en gemeenskap.
Hierdie span dien deur projekte te loods in samewerking met die personeel, om ad hoc kos/komberse ens. in te samel en te versprei.

 

Berading

“Dra mekaar se laste.” (Gal.6:2) Ons bied vir jou die geleentheid om met twee kundige en baie ervare beraders,  te kom gesels en saam te bid, in vertroulikheid en in ‘n vriendelike en gemaklike atmosfeer. Kom beleef vrede, verligting en nuwe moontlike oplossings vir jou situasie. Die Here is getrou! Baie welkom!

Veranderde Lewens Griefshare

Grief Share

Tyd kan jou vyand word, emosionele genesing kom nie deur tyd nie, God genees, maar Hy gebruik ook tyd en ander mense om jou te help. Kom skakel gerus in by die groep en hoor by kundiges hoe mens deur die pyn en hartseer kan kom. Dis ook goed om by die ander in die groep te hoor dat hulle dieselfde dinge ervaar en soms ook soos jy voel. God wil jou graag troos en versterk.

Veranderde Lewens Soul Track

Soul Track

Kom bid gerus saam met iemand wat omgee. Hier fasiliteer ons jou  persoonlike ontmoeting met die Here. Ons skep net die geleentheid waar die Vader, Seun en Heilige Gees ‘n wonderlike persoonlike boodskap vir jou gee. Dit vind plaas in ‘n klein kring deur opgeleide en bekwame vrywilligers. Alles word vertroulik hanteer.