bediening_1536x400
Header Banners_600 x 900px Mobile_4

Aanbiddingspan


Hierdie span dien deur met dienste en spesiale geleenthede die gemeente te lei met lofprysing. Ons span fasiliteer ‘n kragtige  aanbiddingservaring deur vokale, instrumentele- en klankvaardighede op Sondae en ander spesiale geleenthede bv. konferensies. Organiseer en fasiliteer opleidingsproses.

Klankspan


Die span is verantwoordelik om saam met die musiekgroep op te stel vir aanbidding op Sondae en ander dae soos nodig. ‘n Fyn aanvoeling vir die kwaliteit van die klank is nodig asook die vaardigheid om stappe te neem om klankfoute uit te stryk.

Veranderde Lewens Erediensspan

Erediensbedieningspan


Ons help mense na hul sitplekke en wys plekke aan, fasiliteer die kollekte en help om ‘n rustige omgewing te skep tydens dienste sonder enige steurnisse wat plaasvind.

Tradisionele Diens Aksiespan

Hierdie span dien by die Tradisionele diens deur die aksies soos nodig vir eredienste op Sondae, uit te voer. Dit behels ondermeer die opstel van klank; bemanning van media (Powerpoint); verwelkoming en kollekte.