Hospitaal en gebedsversoek-span
Ons dien graag deur versorgingsaksies bv. Siekebesoek, berading, asook om mense te bedien deur middel van “Soultrack”-sessies.
Sopkombuis
Vrydae oggende word haweloses ‘n bord kos, klere en bietjie liefde gegee deur ‘n span wat ‘n hart het vir die mense wat nie altyd raakgesien
word nie.
Helpende Hande
Hierdie span dien graag deur aankope en verspreiding van maandelikse kospakkies vir behoeftiges in die gemeente en gemeenskap.
Hierdie span dien deur projekte te loods in samewerking met die personeel, om ad hoc kos/komberse ens. in te samel en te versprei.
Berading
“Dra mekaar se laste.” (Gal.6:2) Ons bied vir jou die geleentheid om met twee kundige en baie ervare beraders, te kom gesels en saam te bid, in vertroulikheid en in ‘n vriendelike en gemaklike atmosfeer. Kom beleef vrede, verligting en nuwe moontlike oplossings vir jou situasie. Die Here is getrou! Baie welkom!
Grief Share
Tyd kan jou vyand word, emosionele genesing kom nie deur tyd nie, God genees, maar Hy gebruik ook tyd en ander mense om jou te help. Kom skakel gerus in by die groep en hoor by kundiges hoe mens deur die pyn en hartseer kan kom. Dis ook goed om by die ander in die groep te hoor dat hulle dieselfde dinge ervaar en soms ook soos jy voel. God wil jou graag troos en versterk.
Soul Track
Kom bid gerus saam met iemand wat omgee. Hier fasiliteer ons jou persoonlike ontmoeting met die Here. Ons skep net die geleentheid waar die Vader, Seun en Heilige Gees ‘n wonderlike persoonlike boodskap vir jou gee. Dit vind plaas in ‘n klein kring deur opgeleide en bekwame vrywilligers. Alles word vertroulik hanteer.